Talentvolle Gimnaste deur na SA-kampioenskappe

Bo: Gimnaste van regoor die Wes-Kaap het van 18-19 Julie aan die Wes-Kaap Gimnastiekkompetisie op Oudtshoorn by die De Jagers-sportkompleks deelgeneem. Foto: Loudeau Groenewald Onder: Van links: Anneke Scheepers, Lumé de Koker en Micayla Chloe Pillay. Foto verskaf

Gimnaste van Oudtshoorn het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem wat op Oudtshoorn in die De Jager-sportkompleks plaasgevind het.

Daar was strawwe kompetisie van- oor die hele Wes-Kaap en Oudtshoorn se gimnaste het besonder goed gevaar.

Hier volg die uitslae:
Lumé de Koker – goud en silwer, Ashli-Mae Niemand – Goud, Skye van Jaarsveld – silwer, Lana Silver – brons, Isabella Blignault – brons, Micayla Pillay – 4de, Anneke Scheepers – 4de, Conlynne Saayman – 4de, Mia Lombard – 4de, Grace Jones – 4de.

Almal is ook gekies om aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe deel te neem wat vanaf 7-10 Oktober in Gqeberha, in die Oos-Kaap aangebied word.

Al die gimnaste het ook hul SA-kleure ontvang en is lede van die Oudtshoorn Akedemie vir Tuimel en Trampolien, afgerig deur Martina de Koker. (ANGELIQUE ERASMUS)