
Oudtshooorn RFC het die naweek hul staal gewys met twee indrukwekkende oorwinnings teen Willowmore se rugbyspanne. In ’n opwindende wedstryddag het die eerste en tweede spanne van Oudtshoorn as wenners van die veld gestap – en boonop volpunte ingepalm.
Die eerste span het met ’n eindtelling van 44–32 geseëvier ná ’n fisieke en vinnige spelverloop.
Oudtshoorn se aanval was klinies en hul verdediging het op die regte oomblikke stelling ingeneem om Willowmore uit te hou.
Die tweede span het ook hul stempel afgedruk en met 39–15 gewen. Hulle het van vroeg af die oorhand gekry en hul momentum behou tot die eindfluitjie.
Beide spanne verdien lof vir hul samewerking en deursettingsvermoë en met 5 punte elk op die punteleer is die klub goed op koers in die kompetisie.
Volgende op die kalender is ’n kragmeting Vrydagaand by die Rec teen die Adias, van Volmoed, waar die manne van Oudtshoorn weer hul tuisskare sal trots maak.
Kom ondersteun hulle – die spanne speel vir die dorp! (ANGELIQUE ERASMUS)
Volgende kragmeting Vrydagaand by die Rec