DIE Oudtshoorn Praktiese Skietklub het verlede naweek ’n klub skietdag gehou te Kmdt Gideon Scheepers-Skietbaan, Schoemanshoek Oudtshoorn.
Die weer het vir hulle ’n kans van presies 5 ure gegee om die bane op te stel en die dag af te handel.
Skuts het so ver as vanaf Kaapstad, Mosselbaai en George gekom om die dag mee te maak.
Daar was baie aksie met 3 bane vir die pistoolskietafdeling en 2 bane vir die haelgeweer gedeelte.
Hierdie tipe kompetisie is bekend daarvoor om jou vaardighede met die pistool, haelgeweer en selflaaigeweer te toets.
Punte word bereken volgens jou spoed en akkuraatheid. Die eerste drie plekke vir die verskillende dissiplines was soos volg:
Pistoolafdeling: 1. Hein Venter (Mosselbaai) 2. Quinton Janse van Rensburg (Oudtshoorn) 3. Fritz Viljoen (Oudtshoorn). Haelgeweer afdeling: 1. Fritz Viljoen (Oudtshoorn) 2. Quinton Janse van Rensburg (Oudtshoorn) 3. Eugene Tolman (Mosselbaai). (Deur Lindi Brill)
Taktiese skietdag in Oudthoorn
Quinton Janse van Rensburg van Oudts-hoorn in aksie. Foto: Verskaf