Taai Attakwas is terug

Oudtshoorniet Yolande de Villiers tydens ’n vorige Attakwas. (Foto verskaf)

SUID-AFRIKA se taaiste eendaagse fietsren, die Momentum Medical Scheme Attakwas Extreme, aangebied deur Biogen sal in Januarie 2022 vir die eerste keer in twee jaar in sy gebruiklike tydgleuf plaasvind.

Van die land se voorste bergfietsryers sal op 15 Januarie die uitmergelende 121 km roete tussen Oudts- hoorn en Grootbrakrivier aandurf.

Vanjaar se Attakwas moes vanweë Covid-19-inperkingsregulasies uitgestel word, en het toe eers op 21 Augustus, na ’n verslapping van dié regulasies, plaasgevind.

Dit was egter in baie matiger weers-toestande as gewoonlik en volgende maand sal die ryers weer in die eerste helfde van “The Hell Of The South”, soos die ren bekend staan, die bloedige hitte van die Klein Karoo te bowe moet kom.
Wessel Botha het vanjaar se ren in vier uur en 46 minute gewen, en sal sy titel verdedig. Matt Beers; die 2020-wenner asook huidige SA marathon-kampioen, sal waarskynlik as die gunsteling aantree.

In die vroueafdeling sal die Oudts-hoorn-inwoner Yolande de Villiers haar titel verdedig. Sy kan egter sterk teenstand van ryers soos Robyn de Groot, Sarah Hill en Samantha Sanders verwag.

’n Verkorte Attakwas-ren oor 52 km word ook aangebied. Inskrywings vir vanjaar se ren sluit op 3 Januarie, hoewel daar volgens die orga-niseerders, Dryland Event Management, beperkte plekke oor is.

Vir meer inligting kontak Suné Linde by 044 279 1013 of per e-pos by sune@dryland.co.za. Alternatie-welik besoek www.atta.co.za.