SWD Krieket soek na oud-spelers

SWD Krieket is besig om sy databasis op te dateer van alle spelers wat die provinsie oor die jare verteenwoordig het.

“Ons is spesifiek op soek na name en besonderhede van spelers wat SWD voor 2004 verteenwoordig het, toe SWD ’n voltydse kantoor geopen het,” sê die uitvoerende hoof, Albertus Kennedy.

Albertus sê spelers word vriendelik uitgenooi om hul inligting per e-pos aan Zenobia Nel by zenobian@cricket.co.za te stuur met vermelding van die jare van verteenwoordiging en hul geboortedatum.