SWD Krieket sluit seisoen af

SWD Krieket het Saterdag, 1 Augustus, die 2019/20-seisoen afgesluit toe hulle ’n suksesvolle virtuele Algemene Jaarvergadering (AJV) gehou het.
SWD Krieket is deel van die Suid-Afrikaanse Krieketgemeenskap en ding mee in ’n baie uitdagende en mededingende omgewing. As een van die kleiner lede staan hulle hul plek behoorlik vol.

Die 2019/20-seisoen het menigte noemenswaardige prestasies vir die unie gelewer, en van Oudtshoorn se eie sportlui wasdeel van hierdie prestasies!
Miceala Andrews en Jané Winster van Oudtshoorn se eie Union Stars-vrouekrieketspan is gekeur om aan Krieket Suid-Afrika (KSA) se T20-Vroue-superliga deel te neem.

Andrews is ook gekies vir 2020 se inname van KSA se Powerade Vroue-akademie.

Tyrece Karelse, ook van Union Stars, is gekies vir die SA o.19-span wat aan 2020 se o.19-Krieketwêreldbeker gaan deelneem.