Suksesvolle tennistoernooi vir juniors

Die wenners en naaswenners van die toernooi saam met die hul afrigters; Johann Koch Jr (agter, naaslinks) en Pieter van der Walt (agter, heel regs). Foto: Garnett Wicomb

MEER as 40 jong tennisspelers van Oudtshoorn en omgewing het die afgelope naweek aan die eerste Klein Karoo Tennistoernooi op die bane van die Wesbank Tennisklub en Laerskool Wesbank deelgeneem.

Die toernooi is volgens Johann Koch Jr, ’n gesamentlike inisiatief van JK Tennis en Totally Tennis met die doel om meer wedstrydgeleenthede aan junior tennisspelers in Oudtshoorn en omgewing te bied.

In die vervolg, sê hy, sal die toernooi kwartaalliks aangebied word.

Die toernooi is oor twee dae, 3 en 4 Desember, gehou.

Al die deelnemers het ’n sertifikaat van deelname ontvang terwyl die wenners en naaswenners ook met medaljes beloon is. (Deur Garnett Wicomb)