Stars-vroue maak dit 5 in ’n ry!

Union Stars se vrouekrieketspan wat Saterdag vir die vyfde jaar agtereenvolgens die SWD Vroueliga gewen het nadat hulle in hul laaste wedstryd die span van Harlequins met 108 lopies geklop het. Stars het eerste gekolf en 184 (almal uit) op die telbord geplaas danksy goeie kolfwerk deur Harolene Rhodes (50) en Miceala Andrews (42). Hulle het daarna vir Harlequins vir 76 lopies uitgeboender. Stars se Janet Winster het 7 paaltjies laat kantel vir slegs 22 lopies. Die wenspan is voor van links Jeneviwe Jantjies, Miceala Andrews, Jane Winster, en Haroline Rhodes (kaptein), en agter van links Minoreen Bredenkamp, Caroline Murphy, Kaylene Pypers, Jenilee Manuel, Aisha Arendse, Miceala Coetzee, Francisca Bantom, Cecilia Strydom, Elize Strydom en Kelsey Stuurman.