Deur Higgo Jacobs
OPWINDENDE krieket word Sondag op die Rec verwag wanneer die WSB Cape Cobras en die Bizhup Highveld Lions mekaar in ’n Momentum Eendagwedstryd pak.
Die wedstryd begin om 10:00.
Volgens Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, sal krieketspelers met internasionale ervaring in aksie wees.
Spelers soos Zubayr Hamza, Dane Paterson en Dane Piedt van die Cobras sal in aksie wees en JP
Duminy se ondersteuners hou duim vas dat hy betyds fiks verklaar sal word om sy plek in te neem.
Die span van die Lions beskik oor spelers soos Reeza Hendricks en Rassie van der Dussen.
Beide van hulle is sterk kandidate vir ’n plek in die Protea-eendagspan wat later vanjaar aan die Wêreldbekertoernooi gaan deelneem. Dwaine Pretorius en Mangaliso is ook spelers met internasionale ervaring.
Kennedy sê die Rec is in ’n goeie toestand en hy hoop dat ’n groot skare na hierdie skouspel sal kom kyk.
As gevolg van die kriekettoets tussen Suid-Afrika en Sri Lanka hierdie naweek in Port Elizabeth sal die wedstryd op die Rec nie reg-streeks gebeeldsend word nie.
Kaartjies, wat slegs R20 per persoon kos, sal by die hek beskikbaar wees.