Gimmies is T 20-kampioen!

Die Gimmies se seëvierende T20-krieketspan is voor van links Andreas Schultz (afrigter), Eaj Carew, Jhed-li van Briesies, Godroy Overberg en Curwin le Roux, en agter Francois-André Beets, Johann Muller (kaptein), Jaco Victor, Johan Bruiners (hulpafrigter), Jaden Dyssel, Julian Jacobs, Lleyton Avontuur, Rowan Rondganger en Arthur Muller.

LANGENHOVEN GIMNASIUM se T20-krieket-span is Sondag as die SWD-skolekampioen gekroon toe hulle die span van Bridgton Regional Performance Centre met drie paal-tjies in die eindstryd op George geklop het.

Performance Centres is landwyd gestig met die doel om veral swart krieketspelers by skole te identifiseer en te bemagtig en sodoende by te dra tot Krieket SA se transformasieprogram.

Die Bridgton RPC- span het eerste gekolf en was almal uit vir slegs 67 lopies. Die Gimmies het die wenteiken behaal met nog drie paaltjies staande.