Verlede Saterdag het die Spring Roses die DKD Eagles aangevat op die Plate in Bridgton.
Die A-span se wedstryd was onstuimig en is gestop in die tweede helfte met 12 minute van die wedstryd oor, nadat die hoofafrigter van die Eagles op die veld gestorm het en die skeidsregter gevloek het.
Die Roses se A-span het die wedstryd gewen met 47-21. Die wedstryd is gewen met vyf drieë, drie doelskoppe en twee strafskoppe.
Duraine Lourens het ’n witwarm dag op die veld gehad en drie drieë en twee doelskoppe aangeteken.
Die pak voorspelers het die grondslag gelê vir die wen, asook ondersteunende spel en skerp breekslae van Aubrey Carelse en Morne Basie. Oorhaastige spel het egter gekeer dat nog drieë aangeteken word.
Die B-span van die Roses het ook ’n suksesvolle dag op die veld gehad. Hulle het ook hul wedstryd teen die Eagles se B-span gewen met 13-8, met een drie, ’n doelskop en twee strafskoppe.
Die komende naweek sal die Spring Roses teen Zoar in ’n wegwedstryd speel. (Deur Lindi Brill)
Spring Roses knip die Eagles se vlerke
Duraine Lourens
van die Spring Roses
het ’n uitmuntende
wedstryd gespeel en
gesorg vir drie drieë
en twee doelskoppe.
Foto: Verskaf