Shaun se spiere breek Afrika-rekord

Shaun Boshoff (16), ’n leerder van Langenhoven Gimnasium, het op 27 Julie die Afrika-rekord by die ASU SA Log and Deadlift Kampioenskappe gebreek.

Hy het in die junior mans o.18-afdeling deelgeneem waar hy die rekordgewig van 340 kg opgetel het. Daarmee het hy die Afrika-rekord gebreek, asook die nie-amptelike Wêreldrekord. Foto: Videogreep