Spring Roses A se kaptein en agtsteman, Mario Basie, val oor vir ’n drie in sy span se SWD Presidentsligawedstryd op die Bridgton Sportgronde teen die A-span van die Oudtshoorn Rugbyklub. Spring Roses het die wedstryd met 18-8 gewen nadat hulle rustyd 13-0 voor was. Roses se ander drieë is gedruk deur Denzil Belelie, stut, en Dillon van Vuuren, vleuel. Claude Fortuin, losskakel, het ’n strafdoel behaal. Spring Roses lê tans tweede op die punteleer van die SWD Presidentsliga. Foto: Ebenezer Titus