Die Jikkai-do Karateklub van Oudtshoorn het die naweek ses medaljes by die SA Karatekampioenskap (liga en ope) ingepalm. Voor is sensei Avril Maarman, afrigter. In die middel van links is Sue-Alice Gysman (goud), Geo Bruintjies en Sarah-Jane Lewis (brons), en agter van links Leythan Smith (brons), Shane May (brons), Deatania de Laan (goud), Luciano Samson (goud) en Seree Samson.