Deur Higgo Jacobs
DIE wedvlugduiwe van Willie en Suyen Thysse van die Oudtshoorn Duiweklub het weer soos verlede week eerste plekke behaal in die twee wedvlugte vanaf Victoria-Wes.
Hul duiwe het altesame 13 plekke losgevlieg in die ope-afdeling en die afdeling vir tweejaaroud-duiwe. Die volledige uitslae is soos volg:
Ope-afdeling: Thysses – 1, 2, 8, 12, 13, 17en 18; Raubenheimer-broers – 3, 5, 6, 19 en 20; Johan de Jager – 4, 9, 14, 15 en 16; Johan Whyte – 7; Charl Erasmus – 10; en Cobus Matthee – 11.
Tweejaaroud-duiwe: Thysses – 1, 13, 14, 17, 19 en 20; Raubenheimer-broers – 2, 4 en 7; Johan de Jager – 3, 6, 8, 9, 11, 12 en 18; Cobus Matthee – 5 en 15; en Charl Erasmus – 10 en 16.