
Corné Bence (links), wat die Sportman van die Jaar-toekenning namens Tristan Nortjé ontvang het saam met Colleen Piketh, Sportvrou van die Jaar.
SPORTLUI van regoor die Eden Distrik is Vrydagaand (26 Augustus) tydens die Eden Sporttoekennings by die Oudtshoorn Burgersentrum ver-eer vir hul bydraes tot en prestasies in sport oor die afgelope jaar.
Met nie minder nie as 28 kategorieë en ’n rekordgetal nominasies – meer as 160 – was die beoordelaars van die Eden Sportraad se taak beslis nie maklik nie. Prestasies en bydraes vanaf Oktober 2021 tot en met Augustus vanjaar is in ag geneem vir toekennings.
Eregaste het gasspreker Bianca Buitendag, SA branderplankryer en 2020 Olimpiese silwer medalje-wenner; Mlandeli Nyuka, onderburgemeester van Oudtshoorn; Desmond Speelman, voorsitter van die Eden Sportraad; en dr Lyndonn Bouah, Wes-Kaapse hoof-direkteur sport en rekreasie ingesluit.
Oudtshoorniete het nie teruggestaan vir die res van die distrik se sportlui nie. Sonja Schultz, sekretaresse van Eden Fietsry en spanbe- stuurder van die Oudtshoorn Fiets-ryklub, is aangewys as Sportadminis-trateur van die Jaar. Schultz is ook sekretaresse van Wes-Kaap Fietsry.
Die Eden Drie Stokkies-span van Oudtshoorn onder die leiding van Phillip Seroux van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum, is aangewys as Inheemse Sportspan van die Jaar. Die span het ’n brons medalje by die Wes-Kaapse Kampioenskap gewen en van hul lede is in die Wes-Kaap Drie Stokkiesspan opgeneem is.
Die toptoekennings van Sportvrou en -man van die Jaar is onderskeidelik aan Colleen Piketh en Tristan Nortjé oorhandig.
Piketh van George, ’n bekende in rolbalkringe, is die SA vrouemeesters-enkelspelkampioen, het ’n brons medalje vir gemengde pare by die binnenshuise rolbalwêreldkampioenskap verower en is gekies vir die SA Statebondspele se vroueenkel- en vroueparespan.
Nortjé is op sy beurt vereer vir sy fietsryvernuf. Hy is tans die SA o.23- bergfiets-XCO-kampioen, was derde in die elite-klas by die SA Maratonkampioenskap en eerste in die elite-klas tydens die Wes-Kaapse bergfiets-XCO-kampioenskap. Bui-ten dit is hy verkies tot verskeie nasionale spanne.
• Stefan Skapie Goosen, joernalis van Die Hoorn, was vanjaar een van die finaliste as sportjoernalis van die jaar, terwyl Ebenezer Titus wat sportfoto’s vir Die Hoorn neem, ’n finalis was vir sportfoto van die jaar. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Joernalis van die Jaar
Blake Linder
Tegniese Uitmuntenheid
Masixole Bambiso
Vrywilliger van die Jaar
Joy Goulooze
Nuweling van die Jaar
Deoln Crause
Fotograaf van die Jaar
Blake Linder
Primêre Skool Sportman van die Jaar
Luc André Botha
Primêre Skool Sportvrou van die Jaar
Leone Theron
Ontspanningsklub van die Jaar
Bayethe Multi-sport Academy
Gemeenskapsbouer van die Jaar
Lazola Thole
“Lifetime Achiever”-toekennings
Johan Windt, AJ Spandiel, Basil Deal, Charles Meyer, Fred Amsterdam, Wilfred Petersen, Nidel Leverton en Marc van Staden
Ererol
Sybeth Hughes, Neil Jeffery, Werner Jeffery, William Amsterdam, Nellis du Plessis, Vincent Rhode, Rudolph Heunis, Faizel Samsoodien en Delycia Witbooi
Ontwikkelingskoolspan van die Jaar
Indwe Hoërskool o.15 meisies sokkerspan
Skoolspan van die Jaar
Oakdale 560 kg toutrekspan
Skole-sportvrou van die Jaar
Sarah-Jane Lewis
Skole-sportman van die Jaar
Christian Hattingh
Afrigter van die Jaar
Piet Lourens
Span van die Jaar
Eden “Sailing Youth 29er”
Federasie van die Jaar
Eden Netbal
Presidentstoekenning
Simon Swigelaar
Sportvrou met Gestremdheid
Minke Janse van Rensburg
Sportman met Gestremdheid
Ricardi Matthee
Junior Sportvrou van die Jaar
Anya du Plessis
Junior Sportman van die Jaar
Bonga Nkqintza