Die Logan Toneelfees wat jaarliks gedurende die eerste week van Augustus in Fraserburg plaasvind, het vanjaar sy 45ste bestaansjaar gevier. Op 5 Augustus het Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn se toneelgroep onder leiding van Ellari Campbell (agter, heel regs) die toneelstuk Alfie-Romeo en Prinses Julietta, geskryf deur Nico Luwes, by die fees op die planke te bring. 15 leerders het opgetree en met twee goue, een silwer en 12 brons toekennings huis toe gekom. Hulle is voor van links Marcelle Kennedy, Theonique Gosling, Luzaan Huyzers, Annah Olivier, Nadia Smith, Janka Byleveldt en Caralize Kritzinger. Agter van links is Jeandré Reyneke, Nashwan Lourens, Janien Müller, Aidan Serfontein, Conrad van Wyk, Emily Zaayman, Anel van Tonder en Megan Heyns. (Foto verskaf)