Sportbuddy Gholfdag wenners

Malcolm Manuel (derde van regs) en Gerald Micheals (naasregs) was Saterdag onderskeidelik tweede en derde in Sport Buddy se gholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub. Allan Fortuin het die dag gewen, maar was afwesig met die neem van die foto. Saam met die wenners is Sport Buddy-lede (tensy anders vermeld) Byron Michaels, Ilca Ewerts, Paul Stroebel, ­klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub, Wyndham Ewerts (agter), stigters-lid, en Sue-Lanya Ewerts, voorsitter. Sport Buddy is gestig om talentvolle jong sportlui te identifiseer wat weens finansiële en ander tekorte nie hul sport tot die hoogste vlak kan beoefen nie. (Foto verskaf.)