Sportbrokkies van die week

Tennis-klubkampioenskap begin
Die 2021 klubkampioenskap van die Wesbank Tennisklub begin Saterdag (5 Junie) en sal oor drie Saterdae gespeel word.
Volgens Susan Botha, klubsekretaresse, sal die kampioenskap in drie afdelings gespeel word, naamlik juniors, ’n A-afdeling en ’n B-afdeling.

Die kampioenskap begin hierdie Saterdag met die juniors en spelers wat vir die B-afdeling ingeskryf het, terwyl die A-afdeling op Saterdag 12 Junie aan die beurt kom.

Al die eindstryde sal op Saterdag 19 Junie ge-speel word.

Spelers wat nie op 5 of 12 Junie kan speel nie, moet reëlings met die organiseerders tref.

Inskrywingsgeld beloop R50 vir die enkelspel en R30 vir die dubbels.

Die kampioenskap sal ná die prysuitdeling op die laaste Saterdag met ’n bring-en-braai afgesluit word.

Spelers kan die organiseerders, Ernst Kok (082 899 6638; ernstkok@gmail.com) of John Marais (064 896 4304; hhmarais@hetnet.nl) kontak vir meer besonderhede.

Uitslae van Oudtshoorn Parkrun
Rudolph Clench was Saterdag (29 Mei) die wenner van die 55ste virtuele Oudthoorn Parkrun met sy tyd van 23 minute 39 sekondes.

Jacques Dyason se tyd van 24 minute 5 sekondes was die tweede vinnigste, terwyl Tarren Jullies se tyd van 24 minute 54 sekondes die beste van die vroue was, en derde beste algeheel van die vyftien deelnemers.

Hierna het gevolg: Francois le Roux (25:58), Henry Carstens (27:27), Conrad Jullies (27:45), Bart Saaimn (29:46), Hildegarde Bruwer (30:04), Annemarie le Roux (30:10), John Henry ( 32:43), Sylvia le Roux (34:23), Helena Smit (36:50), Johan Bosman (41:19), Nickie Sale (42:29) en Garnett Wicomb (49:58). (Deur Garnett Wicomb)