1 300 km afgelê vir liefdadigheid

Drie fietsryers van Witbank wat sedert 22 Mei byna 1300 km op hul fietse afgelê het om geld vir kinderhuise in te samel, is Vrydagmiddag (28 Mei) as’t ware deur Stefan Skapie Goosen van Die Hoorn “betrap” toe hulle Oudtshoorn binnegery het. Wihl Vermaak (links), Gert Nagel en Barry Crouch het teen 29 Mei ’n uitmergelende 1 450 km-afstand gery wat hulle tot in Mosselbaai gebring het om fondse in te samel vir Rizpahbediening in Witbank. Hierdie bediening diens tans agt huise wat versorging vir tot 60 kinders bied. In huiseenhede, waar ’n maksimum van 10 – 12 kinders ’n huisgesin vorm, ontvang hulle ’n heenkome, versorging en genesing. Foto: Stefan Skapie Goosen