Die Oudtshoorn Infanterieskool se sportvelde het Saterdag gasheer gespeel vir aksiebelaaide wedstryde tussen die Eden Football Academy (EFA) van Oudtshoorn en hul teenstanders van Football Elite Cape Town (FECT). Hier bo is slegs enkele van die tonele van die dag. EFA se spanne dra van links die oranje, wit, en groen-en-geel truie. Tariq Cornelius, hoofafrigter van die FECT-spanne, het gesê die dag was besonders omdat dit nie net die eerste keer was dat hulle die volkslied voor ’n toernooi kon sing nie, maar ook omdat die mense van EFA en Oudtshoorn sy spelers, personeel en speler-ouers as ‘celebrities’ behandel het, en hulle baie gemaklik op die dorp gevoel het. “Ons het baie pret gehad, en almal van Oudtshoorn en EFA het hul bes gedoen om dit vir ons lekker te maak!”. Die FECT-spelers is Sondag ook bederf met ’n fantastiese gratis-besoek aan die Cango Wildlife Ranch. Foto’s: Stefan Skapie Goosen