Nege lede van Grebe’s Skopboksklub op Oudtshoorn is onlangs opgeneem in die SAKA nasionale span wat van 26-28 Augustus in Benoni, Gauteng aan die Afrika Kontinentale Kampioenskappe deelgeneem het. Twaalf lande vanuit Afrika het deelgeneem, met sewe Oudts- hoorniete wat as kampioene gekroon is. Simon Greeff het ’n dubble Afrika-titel gewen! Verder het Dirk-Harold Mostert silwer verower, Audan Olivier goud, Anando Olivier goud en silwer, Divan Rademeyer goud, Wian Grebe goud en silwer, Ben Greeff silwer, Chanique Bruce goud en silwer, Megan Grebe het as afrigter gedien, en Ranger Grebe het goud en silwer ingepalm.
(Foto verskaf)