Skaakmat vir Junaide

Junaide Arries, ’n gr-12 leerder aan die Hoërskool Môrester in Bridgton op Oudtshoorn, is gekies vir die Eden skole-skaakspan wat op Saterdag, 21 Mei op Mosselbaai aan ’n driehoekige toernooi gaan deelneem. Die spanne van Eden, Boland en Westelike Provinsie sal teen mekaar meeding vir plekke in die Wes-Kaapse skole-skaakspan. (Foto verskaf)