Bianca Malan (middel) van Oudtshoorn het die afgelope naweek in die Koue Bokkeveld aan die Tankwa Trail deelgeneem en as algehele vrouewenner uit die stryd getree. Sy het Saterdag (30 April) die halfmarathon van 21,9 km gewen, en was Sondag (1 Mei) tweede in ’n wedloop oor 17,9 km. Omdat haar gesamentlike tyd vir die twee wedlope die beste was van die vrouedeelnemers is sy as algehele wenner van die solo-vroue aangewys. Voorwaar ’n prestasie om op trots te wees. Op die foto is sy saam met die vroue wat onderskeidelik tweede en derde was; Elme Middlemost en Lize-Mari Jacobs. (Foto verskaf)