William weer vinnigste

William van Tonder. Foto: Garnett Wicomb

DIE 17-jarige William van Tonder het Saterdag (30 April) nog ’n Parkrunsege agter sy naam geskryf toe hy die 284ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed met ’n tyd van 18 minute 26 sekondes gewen het.

Francois Verwey was tweede oor die wenstreep met ’n tyd van 22 minute 5 sekondes, en nog ’n junior, Zack Botha (15) was derde met sy tyd van 23 minute 28 sekondes.

Alida Geldenhuys (26:56) was die vrouewenner en agtste algeheel.

Die res van Saterdag se voorste hardlopers van die 49 deelnemers was AJ van Tonder (23:41), Frans Boning (24:53), Jacobus Smith (25:33), Johann Botha (25:35), Zani Smith (28:14), PA Geldenhuys (28:32), Petrus Geldenhuys (28:51), Aldeen van der Walt (28:52), Mauritz Lamprecht (33:00), Armin Brandle (33:44), Henry Carstens (34:15), Leonie Viljoen (34:35), Elsabé Viljoen (34:52), Lluwellyn Coetzee (35:26), Lampies Lamprect (37:31) en Tony de Jesus (39:29). (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "William weer vinnigste"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*