Sintetiese mat vir hokkieveld is hier!

Groot opwinding heers vanoggend by Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn. Twee skeepshouers van 12 m x 2,9 m is by die skool met die sintetiese mat (sintetiese grasoppervlak) vir die skool se nuwe sintetiese hokkieveld (astroveld), die eerste van sy soort in Oudtshoorn. Die mat is volgens spesifieke spesifikasies in België vervaardig, ‘n proses wat sowat drie maande lank geduur het. Die nuwe hokkieveld sal in Desember voltooi word. Foto: Angelique Erasmus