BOOI Salman (17:49) en Bianca van der Westhuizen (23:09) was Saterdag onderskeidelik die eerste man en vrou oor die eindstreep die 240ste Oudtshoorn Parkrun by Surval.
Van der Westhuizen was algeheel sewende.
Markus Viljoen (21:01) wat algeheel vyfde was, was die eerste junior.
Nog goeie tye Saterdag was dié van Steyn Burger (19:25), Hans van der Veen (19:49), Patrick Peters (20:35), Yaron Venter (21:03), Newald Groenewald (23:19), Joel Charles (24:12), Johan Bezuidenhout (24:17) en Nathan Gray (24:54).
Die Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdagoggend om 07:00 by die Surval Olyflandgoed aangebied en deelname is gratis. Oud en jonk is welkom.
Deur Garnett Wicomb