Saints bied 1ste gholfdag aan

Terrence Smith met die Blue Jacket, derde van links, was die wenner van Saints Unlimited se geborgde gholfdag. Heel links staan die klubkaptein, Paul Stroebel, en naaslinks is Reginald Anthony, president van Saints. Die ander bestuurslede van die vereniging is Peter Mooney, Steve Lourens en Leigh Konstabel. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Saints Unlimited, privaat sportorganisasie op Oudts­hoorn, het Saterdag sy eerste geborgde gholfdag op die plaaslike gholfbaan aangebied.

Altesame 57 spelers het deelgeneem.

Terrence Smith was met ’n netto-telling van 66 houe die wenner van die dag se houespel en is nou die eerste draer van die organisasie se Meesters Blue Jacket. Wally Human was tweede met 67 houe en Marthinus Oosthuizen derde met 69 houe.

Ockie Horowitz (71) was vierde en Skillie Pretorius, ook met ’n telling van 71, vyfde.

Louis Fourie (jr) het op die 18de putjie met twee houe die naaste aan die pen geslaan.