Die altesame 54 jong rolbalspers wat Vrydag en Saterdag aan Oudtshoorn Jeugfees se ontwikkelingstoernooi op die plaaslike baan deelgeneem het. (Foto verskaf.)
Deur Higgo Jacobs
Rolbal raak toenemend ‘n gewilde sportsoort onder die jeug van Suid-Afrika.
Dit is Saterdag en Sondag (22 tot 23 Junie) weer bevestig toe altesaam 18 spanne van 3 elk aan die die Wes-Kaapse ontwikkelingstoernooi op Oudts-hoorn deelgeneem het.
Spanne van Eden en Boland sover as Strand, Bredasdorp en Plettenbergbaai was op die plaaslike baan in aksie.
Die span van Hermanus is na twee dae se strawwe kompetisie as die wenspan gekroon met Plettenbergbaai as die naaswenners.
Hierna het gevolg Ceres (3), George (4), Frans-kraal (5), Bredasdorp (6), Strand (7), en ‘n Gemengde span (8).
Die jongste speler by die toernooi, Kayla Steyn, is slegs 9 jaar oud. Sy is die kleindogter van Ockie Steyn, bekende speler en erelid van die Oudts-hoorn Rolbalklub.