Dragons wen dominos by Sportfees

Die span van die Dragons Dominoklub wat die Oudtshoorn Sportfees se dominotoernooi gewen het, spog met die trofeë wat die klub die laaste tyd in toernooie gewen het. Die span is (voor van links) Clement Rex, Elanor Steyn en Piet Prins en agter van links Rowan Maswatie (kapt), Jovan van Vuuren, Andries Claassen en Marthinus Delaan. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE Dragons Dominoklub het Saterdag vanjaar se dominotoernooi van die Oudtshoorn Sportfees gewen toe hy die span van die Lazers in die eindstryd ge-klop het.

Die twee spanne het in die halfeindstryde onderskeidelik met die spanne van die Rottweilers en Duduza afgereken.

Ander klubs wat deelgeneem het is Neppon, Golden Stars, Vikings, Tornado’s, Eagles en United Warriors.

Al die klubs is geaffilieer by die Oudtshoorn Domino Unie.

Volgens Dorothy May, koördineerder van die toernooi, het die spanne mekaar behoorlik opgedreun.

Domino is volgens haar ’n sportsoort wat goeie dinkwerk verg en al hoe gewilder word met senior en jong spelers, mans en vroue, wat daaraan deelneem. Verder is dit ’n baie goeie tydverdryf.

Die vereniging se 2019 liga-kompetisie het Sondag begin met wedstryde wat elke Sondagmiddag gespeel word.

Belangstellendes wat ’n dominoklub wil stig of by bestaande klubs wil aansluit, kan die voorsitter, David May, kontak by 0825702430 kontak.

Aksie tydens die Sportfees-dominotoernooi.