BBC presteer

Spelers van die Bridgton Basketbalklub wat Saterdag (22 Junie) aan die Knysna Oesterfeesbasketbaltoernooi by die Hornlee Sportgronde op Knys-na deelgeneem en goed ge-presteer het. Die klub se senior en junior spanne het goue medaljes en elkeen ’n trofee losgespeel. Links gooi Tyrese Pietersen van Bridgton se junior span ’n doel in sy span se wedstryd teen Rim Dreams van Knysna. Spanne van George, Oudtshoorn, Dysselsdorp en Knysna het aan die toernooi deelgeneem. Deswin Talmaggies, voorsitter van die Eden Basketbalfederasie, wat onlangs gestig is, het gesê: “Hoewel ons federasie nog baie jonk is, het ons baie talentvolle spelers wat dit nog ver gaan bring.” Foto’s: Keenyah Weyers