Deur Garnett Wicomb
Yaron Venter (20 min 18 sek) en Bianca van der Westhuizen (23 min 45 sek) was onderskeidelik die eerste man en vrou oor die eindstreep by Saterdag se 218de Oudtshoorn Parkrun. Daar was altesame 65 deelnemners.
Steyn Burger (22:15) was algeheel tweede en Ferdie Heuer (22:31) derde. Rozanne Theart (24:52) was die tweede vrou met Laetitia Wolmarans (27:07) in die derde plek. Die 11-jarige Theart Meiring (26:11) was die eerste junior.
Die ander voorste deelnemers was:
Greens Groenewald (23:26), Christo Theart (23:25), Francois Goosen (24:33), Francois le Roux 25:12), Denis Viljoen (25:18), Albertus Kennedy (26:29), Linda Pieterse (27:11), Bart Saaiman (27:15), Pieter Meiring (27:45), Jolinda Viljoen (28:23), Henry Carstens (28:40), Nico Myburgh (28:43), Kerneels Barnardo (29:09) en Conrad Jullies (29:57).