Bridgton kry pak

AL drie spanne van die Bridgton Rugbyklub (Plate) het Saterdag (22 Junie) op George noustrop getrek teen die spanne van Progress.

Bridgton se A-span het met 11-26 verloor, die B-span met 5-19 en die C-span met 0-26.

Bridgton speel môre-aand (28 Junie) op die Bridgton Sportgronde teen die Maori’s.

• Oudtshoorn Rugbyklub speel Saterdag op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) teen Willowmore, Adias op die Plate teen Spring Roses, Harlequins by die Infanterieskool teen Prins Albert, Dysselsdorp Rangers op hul tuisveld teen DKD en Kango United op Avontuur teen Glen Roses.

All Blacks en Collegians het loslootjies.