DIT was ’n naweek van opwinding, adrenaliengevulde oom
blikke, modderspat-koestye…en, ten spyte van die koue, witwarm aksie. Meer as 80 drywers van regoor Suid-Afrika het die naweek op die Klein Karoo toegesak waar die Suid-Afikaanse Kampoienskap by die Red Rock Raceway Stockcar-baan net buite Oudshoorn plaasgevind het – die eerste keer die afgelope 13 jaar. Die vyf klasse het gesorg vir naelbytaksie, ’n skare wat juig van lekkerkry en ook benoude oomblikke met ’n paar ongelukke, waaronder een waar een van die Groot Menere in die V8-klas sy motor gerol het.
Die klasse is die 1660’s; 2.1 Modifieds; Hotrods; Heavy Me-tals en American Saloons (of die V8’s soos hulle brullend be-kendstaan). Te midde van die reën en koue was die baan volgepak met die sport se grootste ondersteuners en entoesiaste. Oudtshoorn se eie Hendricus Botha het die 2.1 Modifieds-klas gewen en die gesogte titel van SA 1 ingepalm, terwyl nog ’n drywer van Oudtshoorn, Leno Muller, eerste oor die geruite vlag was in die Heavy Metals-klas.
Hy is ook nou die nommereendrywer in die klas in Suid-Afrika. Leno vertel dat dit ’n ekstatiese gevoel is om SA 1 te wees. “Ek werk al ’n lang tyd aan hierdie groot doelwit. Dit was ’n harde en strawwe ren omdat dit so vinnig en moeilik was met so baie motors in die klas, veral motors van buite die dorp,” vertel hy. “Die baan se voorbereiding was baie goed, hoewel die reën dit moeilik gemaak het. Ek moes baie takties bestuur en konsentreer op my strategie.”
Motors word vooraf ingestel volgens die baan.
Die probleem was dat dit terwyl hulle op die baan was begin dou het. Dit was onbepland en dit het die wedrenne soveel meer uitdagend gemaak.

Hendricus Botha, 2.1 modifieds-wenner, tans no. 1 in Suid-Afrika.

Leno Muller, wenner van die Heavy Metal-klas, tans no. 1 in Suid-Afrika.

2.1 Modifieds.

2.1 Modifieds.

Heavy Metal.

V8’s.

1660’s. Foto’s: RVD photography