SA Padfietskampioenskap is hier!
Die Suid-Afrikaanse Padfiets-, Tydtoets- en Kriteriumkampioenskap is een van die grootste byeenkomste op die fietsrykalender en het reeds gister (Woensdag) op Oudtshoorn afgeskop. Vroeër die week tydens ’n geleentheid by die Queen’s Hotel (by Bon Hotels) op Oudtshoorn is die verrigtinge amptelik geopen deur Corné Bence (tweede van regs, agter) van Wes-Kaap Fietsry en ’n tjekoorhandiging van R75 000 deur die Oudtshoorn Munisipaliteit.
Foto: Stefan Skapie Goosen