SA kampioenskut van De Rust

Niaan Fourie van De Rust is Suid-Afrika se nommer 1 .22-kaliber skut. Foto verskaf

Skuts van oor die hele land heen het verlede naweek op Joubertina deelgeneem aan die SA-jaggeweer uitskietkompetisie.

Nadat 36 bane oor twee dae geskiet is, het Niaan Fourie van De Rust, die titel as SA-kampioen vir die .22-kaliber afdeling ingepalm.

Hierdeur het hy Protea-kleure ontvang en sy plek verseker om Suid-Afrika later vanjaar by ʼn internasionale skietkompetisie in Namibië te verteenwoordig. Dit was nie die enigste mylpaal wat Fourie behaal het nie. Hy is ook in die presidentspan vir die .233-kaliber afdeling opgeneem.

Dat Fourie ʼn kranige en veelsydige skut is, word gestaaf deur die feit dat hy twee jaar gelede reeds sy Protea-kleure in groter kaliber gewere verwerf het.