Easter innie Hoorn – skou hierdie naweek

Een van die blink motors wat die naweek te sien is. Foto verskaf

Hou jy van mooi motors? Sorg dan dat jy hierdie naweek nie die Carmigo’s se Easter inni – Hoorn Motorskou op 19 April vanaf 10:00 misloop nie.

Die skou vind Saterdag by die De Jager Sportkompleks plaas, met die motorskou wat 13:00 afskop.
Pryse word vir die volgende kategorieë gegee:

“Low Limbo, Show & Shine, Rev-off, Best Wheel, Best Crew, Best Air, Best Static, Best of Show, Loudest of the Day en Lowest of the day.” Daar is ook vyf verskillende klankklasse.

Ingangsfooi vir volwassenes is R30 en kinders R10. Koste per koelboks is R50. Sowat 200 motor- entoesiaste word die naweek verwag.

Neem kennis dat geen “spin” van motors, oop vure en geen geweld toegelaat word nie. (ANGELIQUE ERASMUS)