Word deel van die Oudtshoorn Toutrek

Die Oudtshoorn Toutrekklub is opsoek na belangstellendes om deel te vorm van hul senior mans-, dames- en gemengde toutrekspan.

Almal kan deelneem, ongeag of jy ’n man of vrou, jonk of oud is.

Kontak Amelia Lubbe by 079 880 2777 vir meer inligting, of besoek hul Facebookblad: Oudtshoorn Toutrekklub.

Daar vind op Saterdag 24 Mei Toutrekkampioenskappe by die Oudtshoorn Vaardigheidskool plaas. Daar is ook ’n geleentheid vir besighede om spanne teen R200 ’n span in te skryf en deel te neem. Registrasies sluit 9 Mei.

Vir meer inligting of om ’n span in te skryf, kontak gerus die Oudtshoorn Vaardigheidskool by 044 272 6054. (ANGELIQUE ERASMUS)