Rolballiga: week 1 uitslae

DIE Oudtshoorn Rolbalklub se besigheidsliga het Woensdag (20 Oktober) afgeskop en reeds vir groot opwinding onder die 48 deelnemende spanne gesorg.

Na die eerste rondte se spel, wat besighede van regoor Oudtshoorn insluit, is die top drie (van eerste tot derde) spanne soos volg: Du Plessis VW, Makka Swart Konstruksie en Van der Berg Vervoer.

Die tweede rondte het Woens- dagaand om 18:00 afgeskop, en word vir die daaropvolgende vier weke voortgesit.
Kontantpryse is op die spel.