Die Oudtshoorn Rolbalklub het Saterdag, 6 November, hul jaarlikse “novice”-kompetisie gehou en Wentzel Minnie (links) en Annette Keulder onderskeidelik as mans- en vrouekampioene gekroon. Dié beginnerskompetisie is vir nuwe lede wat in die afgelope drie jaar by die klub aangesluit het. Daar het vanjaar agt mans en vyf vrouens deelgeneem. BESIGHEIDSLIGA: In ander rolbalnuus is die Rolbalklub se Besigheidsliga in volle swang. Na die vierde rondte, wat op Woensdag 10 November gespeel is, is die top vyf spanne in volgorde Makka Swart Konstruksie, Cookie Club, PSP Timbers, Du Plessis Volkswagen en Kanni Worry. Die vyfde rondte is gisteraand na Die Hoorn se druktyd afgehandel. Daar bly dus net een rondte oor. (Foto’s verskaf)