DIE twee ligaspanne van die Wesbank Tennisklub het Saterdag, 13 November gemengde sukses behaal in die kompetisie van die Eden Tennisvereniging.
Die klub se eersteliga mans-span het op Sedgefield die tuisspan met 3-2 geklop terwyl die vroue tweedeliga span op Hartenbos met 0-4 verloor het.
Sedgefield se mans het goed begin deur die twee enkelspelwedstryde in te palm. Albei wedstryde is in drie stelle uitgespook.
Wesbank het egter koning gekraai in die drie dubbelspelwedstryde om die kragmeting met 3-2 te wen.
Die volledige uitslae is soos volg: Wesbank 3, Sedgefield 2.
Enkelspel: Josh Daniel v/t Hein Byleveld 4-6, 7-5, 4-6; Zander Petzer v/t William Rhodes 6-3, 4-6, 4-6.
Dubbelspel: Dirk Potgieter en Pietman Schooeman klop Hennie Louw en Jeff Livshitz 2-2 (wedstryd deur Sedgefield prysgegee); Josh Daniels en Pietman Schoeman k Hein Beyleveld en Hennie Louw 6-1, 6-1; Zander Petzer en Dirk Potgieter k William Rhodes en Hennie Louw 7-6, 5-7, 6-4. (Deur Garnett Wicomb)
Gemengde sukses vir Wesbank tennis
