Rolbal besigheidsliga duur voort

DIE Oudtshoorn Rolbalklub se tweede ronde van hul gewilde besigheidsliga is verlede week voortgesit, en die span van Van der Berg Vervoer loop steeds op punteverskil voor.

Elke ronde word tans oor twee dae gespeel, Woensdae en Donderdae, om te verseker dat Covid-19-regulasies nagekom word.

Na beide dae is daar tans sewe spanne wat meeding om die eerste plek op die punteleer, maar wat elk slegs deur punteverskil geskei word.

Die top-tien spanne is: Van der Berg Vervoer, Kanni Worry, Country Club, Buffelsdrift, Riempie, Wesbank Laerskool 1, Jodi Muller Financial Solutions, Volmoed Beginners, Du Plessis Motors en Blacklist Security. (Deur Stefan Skapie Goosen)