Relay for Life weer terug – registrasie is oop

’n Toneel uit ’n vorige Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) Relay for Life wat vanjaar op Saterdag, 19 Februarie, weer op die De Jager Sportkompleks op Oudtshoorn sal plaasvind, vanaf 18:00 die aand tot 06:00 die volgende oggend. Die Oudtshoorn-tak van hierdie orga-nisasie nooi tans inwoners van die dorp uit om betrokke te raak, en in te skryf teen R600 per span. Vanjaar moet deelnemers pers dra, of volgens hul eie tema aantrek. Die geleentheid word aangebied om diegene wat kanker beveg, of die wat reeds verlore is, te vereer, onthou en aan te moedig. Vir meer inligting kontak gerus vir Adri Odendaal by 072 133 0444 of Ingrid Noble by 071 339 6993 .