DIE 17-jarige William van Tonder het Saterdag met ’n haastige tyd van 18 minute 49 sekondes die 270ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Boetiek Olyflandgoed gewen.
Sy naaste teenstander, Christo du Plessis van Howick Atletiek-klub, was byna drie minute stadiger (21:42), met Heinrich Boje (21:44) in die derde plek. Die vroue-wenner, Estee Coetzee, was vyfde (25:08). ’n Egpaar van Kuruman, Morné en Liza Oosthuizen het albei hul 50ste Parkrun op Oudtshoorn voltooi.
Die res van die voorste drawwers was Francois Verwey (23:09), Herman du Preez (24:51), Tarren Jullies (25:09), Jacques Jacobs (26:25), Albertus Kennedy (27:21), Jeanne Oosthuizen (27:31), Conrad Jullies (27:38), Mathys Myburgh (27:47), Nariana Marx (27:49), Japie Bothma (29:11), Francois le Roux (29:12), Schalk Cloete (30:01), Kruge Roeloffze (30:48), Cara Theron (31:31) en Annemarie le Roux (32:34). (Deur Garnett Wicomb)
Junior wen Parkrun
