Anti-korrupsieforum oorhandig memorandum aan burgemeester

Emile Cupido van Faso (links) aan die woord voordat hy 'n griefskrif aan burgemeester Chad Louw (regs) oorhandig het. Foto: Stefan Skapie Goosen

Die Forum for Anti-corruption and Service Delivery Oudtshoorn (Faso) het die burgemeester van Oudtshoorn, Chad Louw, versoek om ’n lang lys bewerings van onder meer nepotisme, bedrog, finansiële onreëlmatigheid en wanbestuur by die munisipaliteit te ondersoek.

Emile Cupido van Faso het Maandagoggend ’n memorandum met griewe op die trappe van die munisipale gebou in Voortrekkerweg aan Louw oorhandig. Die oorhandiging is voorafgegaan deur ’n stille betoging voor die munisipale gebou in Voortrekkerweg.

Onder die griewe in die memorandum tel die bewerings van nepotisme, bedrog, finansiële onreëlmatigheid en wanbestuur, en ook van onreëlmatige aanstellings, tenderkorrupsie en probleme ten opsigte van diensleweringdienslewering.

Volgens Cupido verteenwoordig Faso bekommerde inwoners “wat moeg is vir die situasie waarin Oudtshoorn dit voortdurend bevind”. (Deur Liesel le Roux)