Rekordgetal by sakekamergholfdag

Gernes Claassen (links) en Morné Tome wat die Oudtshoorn Besigheidskamer-gholfdag gewen het. Tussen hulle is Jolette van der Bergh van die Queen’s Hotel op Oudtshoorn wat die dag geborg het. Foto: Higgo Jacobs

Skillie Pretorius (regs) van Oudtshoorn Spar wat die vleis borg, het namens sy seun, Francois, die wenprys ontvang. Links is die naaswenner, Niel Truter. In die middel is Paul Stroebel, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer het Woensdag, 8 Mei, die grootste gholfdag nóg op die plaaslike baan aangebied toe 85 spelers afgeslaan het vir dié gewilde maandelikse gholfdag.

Morné Tome en Gernes Claassen was die wenners met ’n telling van 48 punte.

Die mededinging was straf en nie minder nie as ses pare spelers het met tellings van 45 punte geëindig. Die tweede, derde, vierde en vyfde plekke moes dus op ’n uittel beslis word.

Francois Verwey en Lollies van Rensburg was tweede, Ockie Horowitz en Piet Swanepoel derde, William Phillipus en André Plaatjies vierde en AO Theunissen en Noel Dreyer vyfde.

Tome het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en Chloé Malgas-Kelpin op die 12de.
Verskeie spogtwees is behaal – Ian Laubscher op die 3de, Barries Griebenouw, Reinhardt van Coller en Tome op die 8ste, Dirk Kuhn op die 12de en Tome op die 15de.

• Francois Pretorius was Saterdag met 39 punte die wenner van die vleisgholf-dag op die Oudtshoorn Gholfbaan. Niel Truter was die naaswenner met 37 punte.

Louis Fourie jr, Daniel Boks en Johan Cornelissen, wat al drie 36 punte behaal het, was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Die boerpot is deur Pretorius gewen.

George Fourie het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.

Dirk Kuhn het ’n spogtwee op die 3de geslaan en Jurgens Burger op die 15de.