Struisies, Ovies pak mekaar in 1ste interskool

Deur Higgo Jacobs
DIE Hoërskool Oudtshoorn het die naweek geskiedenis gemaak toe die Strui­sies op hul tuisveld hul eerste interskolebyeenkoms teen die Hoërskool Overberg (Ovies) van Caledon gehad het.

Volgens die sportbestuurder van die Hoërskool Oudtshoorn, Boeboe Visser, was albei die skoolhoofde in hul skik met die verloop van die naweek en die goeie sportmangees wat die twee skole se leerders geopenbaar het.

Benewens al die wedstryde wat Saterdag gespeel is, het die twee skole reeds Vrydagaand teen mekaar skaak gespeel en ’n redenaarskompetisie gehou.

Volgende jaar se kragmeting vind op Caledon plaas.

Die sportuitslae is as volg:
Rugby: o.14 – Struisies wen 26-0; o.15 – Ovies wen 36-19; o.16 – Struisies wen 36-18; o.19B – Ovies wen 20-19; en o.19A – Struisies wen 19-14.

Netbal: o.14A – Ovies wen 17-15; o.14B – Struisies wen 12-9; o.14C – Strui­sies wen 18-2; o.16A – Struisies wen 25-15; o.16B – Struisies wen 14-11; o.16C – Struisies wen 12-10; o.18A – Struisies wen 52-11; o.18B – Struisies wen 29-14; en o.18C – Ovies wen 18-13.

In die hokkie was die Struisies te sterk vir die Ovies en al hul meisie- en ­seunspanne het hul wedstryde gewen.