Redstone lok 300

Fienie Barnard  (02:-34:20) en Jan Paul Gerber (02:13:38) ontvang die Hennie Pot-gietertrofee as wen- ners van die Redstone Hills Bergfiets-ren oor 60 km. • Charlissa Schults was in 01:50:20 tweede in die 42 km-berg­fietswedren. • Anel van Wyk was in 01:50:20 tweede in die 20 km-veldwedloop. Foto: Higgo Jacobs

Fienie Barnard (02:-34:20) en Jan Paul Gerber (02:13:38) ontvang die Hennie Potgietertrofee as wenners van die Redstone Hills Bergfietsren oor 60 km.
• Charlissa Schults was in 01:50:20 tweede in die 42 km-berg­fietswedren.
• Anel van Wyk was in 01:50:20 tweede in die 20 km-veldwedloop.
Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE burgemeester van Kannaland, Magdalena Barry, wat vanjaar se Redstone Hills Bergfiets- en Veldloopbyeenkoms geopen het, was vol lof vir die aanbieders van die byeenkoms wat Vrydag en Saterdag plaasgevind het.

Die byeenkoms, wat vanjaar die elfde jaar ná mekaar plaasvind, is ’n gesamentlike projek van die Redstone Hill Trust en die NG Kerk Calitzdorp en is daarop gemik om die lewensomstandighede van plaaslike gemeenskappe te verbeter.

“Ek verbind my tot dié prysenswaardige projek wat daartoe bydra om die gemeenskappe te bemagtig en te verenig,” het sy gesê en met trots ’n Redstone Hills-pet opgesit.
• Meer as 300 bergfietsryers en veldwedloopatlete het van Vrydagaand op Buffelskloof in die Kruisrivier-omgewing saamgetrek.

Die aand se verrigtinge is afgeskop met ’n nagloop, potjiekosete en ’n skuurdans om die ergste koue te verdryf.

Saterdagoggend het besoekers van heinde en verre opgedaag om die kerkbasaar van die NG Kerk Calitzdorp te ondersteun en die wêreldbekende natuurskoon van die Kruisrivier-om-gewing te geniet.

Die wennerstrofees, hoofsaaklik van hout, is spesiaalvir die geleentheid deur ’n kunstenaar van die omgewing, Roger Young, ontwerp.