PSP Timbers rol ’n bal mal!

Die wenners van die Alert Patrol Sakerolballiga wat onlangs tot op ’n einde gekom het by die Oudtshoorn Rolbalklub was die span van PSP Timbers op 11 punte! Slegs ’n enkele punt voor hul naaste teenstanders, Van Reede 1 en Gimmies Ondersteunersklub. Hier, van links, is Abri Ferreira van Alert Patrol, André Taljaart, Tiaan Dawson, Adriaan van Greunen, Bles Goussaard, klubpresident Rudi Venter en Constand de Waal. Foto verskaf