‘Kanniedode’ hou afsluiting vir 2022

Die ‘Kanniedode’ van Oudtshoorn is ‘n groep senior gholfspelers wat elke Maandag op Oudts-hoorn se gholfbaan saamspeel. Om deel van die span te wees moet spelers 65 jaar en ouer wees “of tot jy nie meer ‘n gholfstok kan swaai nie,” sê Higgo Jacobs, een van die spanlede. Op Maandag, 6 Desember tydens hul kompetisie kon spelers slegs vier stokke in hulle gholfsak hê, en daarmee speel. Hierdie jaar se wenner was die oudste spanlid, Niel Truter (regs, 82), met ’n wentelling van 38 punte oor 18 putjies. Die beker wat Truter gewen het was vir die meeste spogtwees - sewe gedurende die jaar. Die volstruiseier-trofee is vir die vierstokke- kompetisie. Niel is ook die voormalige president van Oudtshoorn gholfklub. Leon Gouws (links), het 8 wenne ingepalm die jaar! Persone wat wil aansluit by die groep kan Johan Coet-zee (middel), sameroeper van die span skakel by 082 459 7995. Foto: Higgo Jacobs